Beskrywing
Hierdie is ‘n winskopie: ‘n nuwe boek wat effens beskadig het gedurende die vervoerproses en dus nou teen ‘n laer prys verkoop word.
AGTERGROND
Vir ‘n meedoenlose smokkelbende is die bome langs die Limpoporivier die ideale plek vir hul skelmstreke, en hulle verwag nie dat vyf dapper seuns van Kranskop en ‘n man wat gebrei is deur die Kalahariwoestyn met hulle paaie sal kruis nie.
‘n Vakansie langs die Limpopo hou ongetwyfeld avonture vir die Uile-bende in – veral omdat hul goeie vriend Wadda, die woestynmens, saamgaan. Wanneer honger krokodille boonop tot die gevaar gevoeg word, moet Philip en sy vriende vinnig dink en optree.
OOR DIE OUTEUR
Justus Cornelias Dirks (Cor Dirks) is gebore op 28 Februarie 1911 op Volksrust. Hy was die skrywer van uiters gewilde en suksesvolle reekse soos Die Otters, Die Uile en Joof. Oom Cor was jare lank hoof van die Hoërskool Linden in Johannesburg. Hy was getroud met Ella van Niekerk en hulle het twee kinders, Justus en Elsje. Oom Cor is in Augustus 2000 oorlede.
LESERSPROFIEL
Jeug (8-12 jaar)











Resensies
Daar is tans geen resensies nie.