Stuur gerus vir ons terugvoering oor jou ondervinding van ons diens:
Wat sê kliënte oor KoueKoffieBoeke se diens?
Ek het binne ‘n week my bestelling ontvang! Baie dankie. Julle diens is puik en boeke se kwaliteit ook! Ons sal beslis gereeld bestel!
Derick
Ek is gaande oor die boekies wat ek gekoop het, veral die krabbelboek, ‘n absolute moet vir vervelige kinders wat van fone af gehou wil word. Die boek het ek eintlik vir myself aangeskaf, maar my kinders het dit gou hulle eie gemaak.
Nicoline
Jul diens is uitstaande, dankie. Ons kan met groot gemoedsrus bestel en verseker wees als kom in ń puik toestand, afgelewer op ons voorstoep. Ouers, ouma’s en oupa’s, daar is ń groot keuse van boeke en ander dienste en goedere beskikbaar. Hier kan jy verseker wees jy kies reg!
L van Zyl-Nelson
| Wonderlike diens! Baie dankie! My boek was in munt kondisie en baie mooi verpak om die boek te beskerm. Baie vinnige aflewering en ek was heeltyd in kennis gestel van hoe die proses verloop. Sal definitief weer bestel! |
Astri
“Sal beslis aanbeveel! Pragtige boeke!”
Marché A
Carla, ek wil net dankie sê vir die goeie diens. Ek sal definitief weer by jou koop.
Sonja
“Uitstekende flink diens – ek is baie tevrede met my bestelling. Dankie KoueKoffieBoeke!”
Hilde D
Diens is puik! Baie dankie .
Henca
Almal wat so hard werk by KoueKoffieBoeke, ons waardeer dit soooo baie! Hierdie is werklik spesiaal, ek weet sommer hierdie seuntjie van ons gaan soos ‘n Koningskind voel as hy sy pakkie wat met soveel liefde en sorg verpak is oopmaak. Dankie aan elkeen wat se hand aan daardie pakkie gevat het, jul vingerafdrukke het ewigheidswaarde.
Elsabé Scheepers
Die boeke is baie oulik.

