Beskrywing
AGTERGROND
Sal die Uile hierdie keer weer uit die moeilikheid kan kom?
Die vyf vriende bekend as die Uile kan aan geen lekkerder manier dink om hul somervakansie te spandeer as ’n fietstoer deur Mpumalanga nie. Natuurlik is dié avontuur nie sonder onvoorsiene uitdagings nie. Die asems word opgehou wanneer Berrie se fietsketting breek op ’n smal bruggie terwyl daar ’n voertuig van voor kom …
Gelukkig ontmoet hulle ’n vriendelike vragmotorbestuurder wat aanbied om hulle teen die lang bergpas uit te neem. Of is dit eerder ongelukkig?
OOR DIE OUTEUR
Justus Cornelias Dirks (Cor Dirks) is gebore op 28 Februarie 1911 op Volksrust. Hy was die skrywer van uiters gewilde en suksesvolle reekse soos Die Otters, Die Uile en Joof. Oom Cor was jare lank hoof van die Hoërskool Linden in Johannesburg. Hy was getroud met Ella van Niekerk en hulle het twee kinders, Justus en Elsje. Oom Cor is in Augustus 2000 oorlede.
LESERSPROFIEL
Jeug (8-12 jaar)









Resensies
Daar is tans geen resensies nie.