Winskopie: Die Uile by die see (08)

R140.00

Watter seun wat sy bendenaam waardig is, sal net staan en toekyk wanneer honderde duisende rande se diamante na ‘n boot gesmokkel word?
Toe Jorsie se ouers sy vier vriende saam see toe nooi, het hulle geweet dit sal nie ‘n rustige vakansie wees nie. Maar die gevaar en opwinding wat sou volg, kon hulle nooit voorsien nie. Dit beteken natuurlik nie dat Jorsie, Philip, Vaatjie, Berrie en Hennie – wat hulleself die Uile noem – na moeilikheid soek nie, maar …

1 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys
Genre:

Beskrywing

Hierdie is ‘n winskopie: ‘n nuwe boek wat effens beskadig het gedurende die vervoerproses en dus nou teen ‘n laer prys verkoop word.

AGTERGROND

Watter seun wat sy bendenaam waardig is, sal net staan en toekyk wanneer honderde duisende rande se diamante na ‘n boot gesmokkel word?
Toe Jorsie se ouers sy vier vriende saam see toe nooi, het hulle geweet dit sal nie ‘n rustige vakansie wees nie. Maar die gevaar en opwinding wat sou volg, kon hulle nooit voorsien nie. Dit beteken natuurlik nie dat Jorsie, Philip, Vaatjie, Berrie en Hennie – wat hulleself die Uile noem – na moeilikheid soek nie, maar …

OOR DIE OUTEUR

Justus Cornelias Dirks (Cor Dirks) is gebore op 28 Februarie 1911 op Volksrust. Hy was die skrywer van uiters gewilde en suksesvolle reekse soos Die Otters, Die Uile en Joof. Oom Cor was jare lank hoof van die Hoërskool Linden in Johannesburg. Hy was getroud met Ella van Niekerk en hulle het twee kinders, Justus en Elsje. Oom Cor is in Augustus 2000 oorlede.

LESERSPROFIEL

Jeug (8-12 jaar)

Addisionele Inligting

Gewig 0.300 kg
Mates 13.7 × 21.3 cm
Outeur

Cor Dirks

Omslag

Sagteband

ISBN

9781869195632

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Winskopie: Die Uile by die see (08)" te beoordeel

Jy mag ook hou van…

Mandjie