Koffie, Komberse & Kinderboeke

Soos die dae korter en koeler raak, is daar min dinge so lekker soos ’n snoegsige kombers, ’n warm koppie koffie – en ’n stapel wonderlike kinderboeke.

Winter bring iets besonders – ’n stadiger ritme, meer binnehuistye, en die perfekte geleentheid om saam met jou kinders in stories weg te kruip.

By KoueKoffieBoeke glo ons dat boeke nie net gelees word nie, hulle word saam belééf. Dis in hierdie klein, knus oomblikke waar herinneringe gemaak word: op die bank onder ’n kombers, voor slaaptyd in ‘n warm bed, of terwyl reën teen die vensters tik.

Winter Wenke:

Skep jou eie winterleeshoekie

Jy hoef nie ’n Pinterest-perfekte ruimte te hê nie, net ’n gemaklike hoekie, ’n paar kussings, sagte lig, en natuurlik boeke! Julle kan selfs ‘n kussingfort bou!

Maak lees iets waarna kinders uitsien

  • Kies ’n spesiale kombers net vir leestyd
  • Maak warmsjokolade vir die kleintjies
  • Hou ’n mandjie met gunstelingboeke naby
  • Laat jou kind self hul “boek van die dag” kies

Winter is die ideale seisoen vir:
Bedtydstories: liefdevolle stories vir rustige aande
Avontuurverhale: om verbeelding op te warm wanneer dit buite koud is
Seisoenale stories: boeke oor herfs/winter, diere, familie en saamwees

Voorlees is soveel meer as net storietyd. Dit bou taalvaardigheid, versterk emosionele bande en help kinders om lees met veiligheid en liefde te assosieer. Selfs ouer kinders geniet dit steeds wanneer iemand vir hulle lees, partykeer net in ’n ander vorm.

Terwyl jou koffie dalk koud word (ons verstaan mos!), bly hierdie oomblikke goud werd. In ’n wêreld van skerms en gejaag gee boeke ons die kans om net weer bymekaar te kom.

Hierdie winter:

Raak knus. Lees stadiger. Blaai langer.
Want soms is die mooiste winterplan eenvoudig net: Koffie, Komberse en Kinderboeke.

Volg hierdie skakels na van ons hartverwarmende stories:

https://kouekoffieboeke.co.za/product/stormwalvis-in-die-winter/

https://kouekoffieboeke.co.za/product/bazoo-grootboek-die-herfsmark/

https://kouekoffieboeke.co.za/product/professor-fungus-11-en-die-sneeumasjien/

https://kouekoffieboeke.co.za/product/hanli-die-hasie-2-3-in-1-boek/

https://kouekoffieboeke.co.za/product/my-eerste-ysland-avontuur/

https://kouekoffieboeke.co.za/product/klein-beertjie-leer-oor-liefde/

https://kouekoffieboeke.co.za/product/winskopie-love-you-love-you/

https://kouekoffieboeke.co.za/product/winskopie-the-very-hungry-caterpillar-loves-you-a-personalized-story-book/

https://kouekoffieboeke.co.za/product/cheesecake-in-love/

https://kouekoffieboeke.co.za/product/because-i-love-you-so-much/

 

 

Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Instagram

Facebook

Mandjie