Flink, voortreflik, goed deurdink; om elke mens so spesiaal te laat voel.
KoueKoffieBoeke bied uitgekose, gekategoriseerde, splinternuwe boeke teen ’n bekostigbare prys, afgelewer op jou voorstoep.
“Maak nie saak hoe arm nie, ’n kind wat lees, is ’n bevoorregte kind. Maak nie saak hoe verlate of verwaarloos nie, ’n kind wat lees, is ’n gekoesterde kind.” – Antjie Krog
KoueKoffieBoeke het ’n 2024-Tinteltongtoekenning ontvang vir “Onderneming wat kreatief is in hul taal, goed vaar op sosiale media in Afrikaans en uitblink”!
KoueKoffieBoeke is 2 jaar oud!
In ons 3de jaar van besigheid bou ons voort op die vreugde van lees deur gehalte Afrikaanse kinderboeke tot by gesinne se deure te bring. Ons streef daarna om nie net boeke te verkoop nie, maar om ’n liefde vir stories, taal en kultuur by kinders aan te wakker. Ons verbind ons tot uitstekende diens, ’n persoonlike aanlyn winkel-ervaring en die bevordering van Afrikaans.
Flink, voortreflik, goed deurdink; om elke mens so spesiaal te laat voel.
Waardeer jul puik diens. Ek bestel gerus weer. Opregte dank.
Carla, ek wil net dankie sê vir die goeie diens. Ek sal definitief weer by jou koop.
Sjoe, baie dankie vir ongelooflike diens! Ek het Sondagaand boeke bestel en dit is Woensdagoggend in die Vrystaat afgelewer! Dankie vir uitstekende pryse en voortreflike diens terwyl jul my heeltyd op hoogte gehou het. Ek maak verseker weer van jul diens gebruik. Baie dankie! |
Diens is puik! Baie dankie .
Ongelooflik. Vinnig. Proffesioneel. Mooi verpak. BAIE flinke diens.
“Fantastiese reeks Afrikaanse boeke, baie oulike stories wat jonk en oud vermaak. My derde bestelling al ontvang en ons is verskriklik gelukkig met die kwaliteit van die boeke.”
“Sal beslis aanbeveel! Pragtige boeke!”
Ek het binne ‘n week my bestelling ontvang! Baie dankie. Julle diens is puik en boeke se kwaliteit ook! Ons sal beslis gereeld bestel!
Dankie vir julle wonderlike en vinnige diens. Die boeke is só oulik. Ek beplan reeds my volgende bestelling!
Vind uit oor die jongste boeke en promosies: