Flink, voortreflik, goed deurdink; om elke mens so spesiaal te laat voel.
KoueKoffieBoeke bied uitgekose, gekategoriseerde, splinternuwe boeke teen ’n bekostigbare prys, afgelewer op jou voorstoep.
“Maak nie saak hoe arm nie, ’n kind wat lees, is ’n bevoorregte kind. Maak nie saak hoe verlate of verwaarloos nie, ’n kind wat lees, is ’n gekoesterde kind.” – Antjie Krog
KoueKoffieBoeke het ’n 2024-Tinteltongtoekenning ontvang vir “Onderneming wat kreatief is in hul taal, goed vaar op sosiale media in Afrikaans en uitblink”!
KoueKoffieBoeke is 1 jaar oud! Ons missie vir die volgende jaar is om so veel as moontlik kinders aan so veel as moontlik boeke bloot te stel. Boeke maak wêrelde oop vir kinders!
Flink, voortreflik, goed deurdink; om elke mens so spesiaal te laat voel.
Wat ‘n opgewondenheid was dit nou nie vir jou nie!! Die kleinkinders was omtrent bly, en so ook die ouers. My dogter, ‘n arbeidsterapeut, dink die boeke is wonderlik! BAIE dankie vir al die moeite, die pakkies was so mooi.
Wonderlike ervaring van begin tot einde!! Lieflike, sorgvuldige verpakking. Goeie gehalte. Pragtige boeke!! Gaan definitief nog bestel.
Dankie vir die boeke. Alles netjies verpak en toegedraai.
Baie dankie vir julle flink, professionele diens. Kan nie wag om my kleinseun se boeke vir hom te gee nie!
KoueKoffieBoeke lewer praktiese en professionele diens. Dit was ‘n aangename verrassing om hul mooi verpakte lekker-lees boeke te ontvang.
Jul diens is uitstaande, dankie. Ons kan met groot gemoedsrus bestel en verseker wees als kom in ń puik toestand, afgelewer op ons voorstoep. Ouers, ouma’s en oupa’s, daar is ń groot keuse van boeke en ander dienste en goedere beskikbaar. Hier kan jy verseker wees jy kies reg!
Ek is baie tevrede met die hele proses, die boekies het in ‘n puik kondisie by my aangekom. Die boekies is ideaal vir my kleindogter wat hierdie jaar in graad 1 is. Baie dankie.
“Fantastiese reeks Afrikaanse boeke, baie oulike stories wat jonk en oud vermaak. My derde bestelling al ontvang en ons is verskriklik gelukkig met die kwaliteit van die boeke.”
Wonderlike diens, het die boeke so gou ontvang. Mooi boeke. Dankie.
Vind uit oor die jongste boeke en promosies: