Flink, voortreflik, goed deurdink; om elke mens so spesiaal te laat voel.
KoueKoffieBoeke bied uitgekose, gekategoriseerde, splinternuwe boeke teen ’n bekostigbare prys, afgelewer op jou voorstoep.
“Maak nie saak hoe arm nie, ’n kind wat lees, is ’n bevoorregte kind. Maak nie saak hoe verlate of verwaarloos nie, ’n kind wat lees, is ’n gekoesterde kind.” – Antjie Krog
KoueKoffieBoeke het ’n 2024-Tinteltongtoekenning ontvang vir “Onderneming wat kreatief is in hul taal, goed vaar op sosiale media in Afrikaans en uitblink”!
KoueKoffieBoeke is 2 jaar oud!
In ons 3de jaar van besigheid bou ons voort op die vreugde van lees deur gehalte Afrikaanse kinderboeke tot by gesinne se deure te bring. Ons streef daarna om nie net boeke te verkoop nie, maar om ’n liefde vir stories, taal en kultuur by kinders aan te wakker. Ons verbind ons tot uitstekende diens, ’n persoonlike aanlyn winkel-ervaring en die bevordering van Afrikaans.
Flink, voortreflik, goed deurdink; om elke mens so spesiaal te laat voel.
“Sal beslis aanbeveel! Pragtige boeke!”
Ek is gaande oor die boekies wat ek gekoop het, veral die krabbelboek, ‘n absolute moet vir vervelige kinders wat van fone af gehou wil word. Die boek het ek eintlik vir myself aangeskaf, maar my kinders het dit gou hulle eie gemaak.
Ek het binne ‘n week my bestelling ontvang! Baie dankie. Julle diens is puik en boeke se kwaliteit ook! Ons sal beslis gereeld bestel!
Ongelooflik. Vinnig. Proffesioneel. Mooi verpak. BAIE flinke diens.
Flink diens – baie dankie. Julle sal beslis weer van my hoor.
“Uitstekende diens! Wonderlike leiding vir ń werkende mamma wat nie altyd kan navors oor gepaste boeke vir haar kleuters nie! My dogtertjies is versot op hul boeke.”
Die boeke is baie oulik.
Goeie diens. Aflewering was vinnig.
“Uitstekende flink diens – ek is baie tevrede met my bestelling. Dankie KoueKoffieBoeke!”
Vind uit oor die jongste boeke en promosies: