Flink, voortreflik, goed deurdink; om elke mens so spesiaal te laat voel.
KoueKoffieBoeke bied uitgekose, gekategoriseerde, splinternuwe boeke teen โn bekostigbare prys, afgelewer op jou voorstoep.
“Maak nie saak hoe arm nie, โn kind wat lees, is โn bevoorregte kind. Maak nie saak hoe verlate of verwaarloos nie, โn kind wat lees, is โn gekoesterde kind.” – Antjie Krog

KoueKoffieBoeke het โn 2024-Tinteltongtoekenning ontvang vir โOnderneming wat kreatief is in hul taal, goed vaar op sosiale media in Afrikaans en uitblinkโ!

KoueKoffieBoeke is 2 jaar oud!
In ons 3de jaar van besigheid bou ons voort op die vreugde van lees deur gehalte Afrikaanse kinderboeke tot by gesinne se deure te bring. Ons streef daarna om nie net boeke te verkoop nie, maar om โn liefde vir stories, taal en kultuur by kinders aan te wakker. Ons verbind ons tot uitstekende diens, โn persoonlike aanlyn winkel-ervaring en die bevordering van Afrikaans.



























Flink, voortreflik, goed deurdink; om elke mens so spesiaal te laat voel.
Almal wat so hard werk by KoueKoffieBoeke, ons waardeer dit soooo baie! Hierdie is werklik spesiaal, ek weet sommer hierdie seuntjie van ons gaan soos ‘n Koningskind voel as hy sy pakkie wat met soveel liefde en sorg verpak is oopmaak. Dankie aan elkeen wat se hand aan daardie pakkie gevat het, jul vingerafdrukke het ewigheidswaarde.
Dankie vir die boeke. Alles netjies verpak en toegedraai.
| Wonderlike diens! Baie dankie! My boek was in munt kondisie en baie mooi verpak om die boek te beskerm. Baie vinnige aflewering en ek was heeltyd in kennis gestel van hoe die proses verloop. Sal definitief weer bestel! |
Baie dankie vir julle flinke diens! Die wonderlike illustrasies maak lees vir die kleinspan net makliker. Mal oor julle webtuiste en die boeke wat julle aanhou is uniek en kosbaar vir ons taal. Ons is trots Afrikaans en julle webtuiste en boeke laat ons hart bokspring! Dankie KoueKoffieBoeke!!
Dankie vir julle wonderlike en vinnige diens. Die boeke is sรณ oulik. Ek beplan reeds my volgende bestelling!
Diens is puik! Baie dankie .
Baie goeie en flinke diens en voortdurende kommunikasie oor my pakkie. Baie dankie!
Goeie diens. Aflewering was vinnig.
“Fantastiese aanlyn winkel! Om te bestel is maklik en hul afleweringsdienste is goed en vinnig. Baie dankie Kouekoffieboeke!”
Vind uit oor die jongste boeke en promosies: