Beskrywing
AGTERGROND
“Stop! Ons is hier!” roep Haas.
Vos sit die tasse neer.
“Is jy seker dat dit hier is?” vra hy.
“Ek sien net sand. En water.
En twee bome.”
’n Eiland in die suide
is baie anders as ’n bos.
Jy kan daar skulpe optel.
En slote grawe.
En ’n sneeuman maak
wat nie smelt nie.
Selfs die sterre is daar meer
en helderder as by die huis.
Of lyk dit maar net so?
Die derde en laaste boek in die bekroonde reeks oor Vos en Haas sluit ten opsigte van die leesvlak én die verhaallyn by die vorige twee dele aan. Vos en Haas op die eiland is geskryf in kort sinne, met ’n effens meer gevorderde woordeskat wat rekening hou met die jong leser se begripsvermoë. Die wisselende lettergroottes ondersteun die intonasie en beklemtoning wanneer daar hardop gelees word.
OOR DIE OUTEUR
Sylvia Vanden Heede (1961, Zwevegem, België) het grootgeword tussen vyf broers en twee susters. Sy was ’n dromerige kind wat graag geteken en stories geskryf het. Sy het gestudeer in Zwevegem (tale), Brugge (beeldende kuns) en Heverlee (godsdienswetenskappe). Sy het in ’n Christelike boekwinkel gewerk. Sy het haar eerste boek in 1985 vir die Jacob van Maerlant-debuutprys ingeskryf. Die boek het derde gekom en is twee jaar later gepubliseer. Sy woon saam met haar man en drie dogters in Brugge.
OOR DIE ILLUSTREERDER
Thé Tjong-Khing is in 1933 in Purworedjo, Indonesië gebore. Ná sy skoolopleiding en drie jaar se studie aan die Seni Rupa Kunsakademie in Bandung, gaan hy in 1956 na Nederland om verder te studeer. Hy word egter gou by Toonder Studios aangestel waar hy as strokiesprentkunstenaar werksaam is. Sedert 1971 werk hy voltyds as vryskutkunstenaar van oorwegend kinderboeke.
OOR DIE VERTALER
Daniel Hugo was ’n spesialisomroeper by Radiosondergrense en is steeds verantwoordelik vir die literêre program “Leeskring”. Hy is ’n voltydse vertaler, skrywer en redigeerder. Hy is ’n gerekende digter met rees 13 poësiebundels op sy kerfstok. As vertaler het hy reeds die werke van o.a. Tom Lanoye, Herman de Coninck, Harry Mulisch, Herman van Veen, en Cecily Mary Barker in Afrikaans vertaal.
LESERSPROFIEL
Die stories akkommodeer alle leesvlakke. / Kinders tussen 6 en 12 jaar.
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.