Amok op ‘n besemstok

R150.00

Die heks en haar kat vlieg gelukkig deur die lug op haar besemstok. Maar dan kom raap die wind die heks se hoed, toe haar strik en toe haar towerstaf op. In die soektog na hierdie toor-noodsaaklikhede ontmoet die heks en haar kat talle hulpvaardige diere wat saam op haar besemstok wil ry. Maar is daar plek vir soveel diere op haar stok? En sal die nuwe vriende haar kan red wanneer gevaar dreig? ’n Verhaal oor die vreugde van vriendskap en om met ander te deel.

9 in voorraad (kan steeds bestel word)

Beskrywing

AGTERGROND

Die heks en haar kat vlieg gelukkig deur die lug op haar besemstok. Maar dan kom raap die wind die heks se hoed, toe haar strik en toe haar towerstaf op. In die soektog na hierdie toor-noodsaaklikhede ontmoet die heks en haar kat talle hulpvaardige diere wat saam op haar besemstok wil ry. Maar is daar plek vir soveel diere op haar stok? En sal die nuwe vriende haar kan red wanneer gevaar dreig? ’n Verhaal oor die vreugde van vriendskap en om met ander te deel.

Die Engelse uitgawe van Amok op ’n besemstok, Room on the broom, vermaak oud en jonk al meer as vyftien jaar lank. Perfek vir voorlees.

 

OOR DIE OUTEUR

Julia Donaldson is een van die top kinderboekskrywers wêreldwyd. Sy was die VK se “Children’s Laureate” van 2011–2013 en het al meer as 100 kinderboeke geskryf. Haar boeke het al verskeie pryse gewen, onder andere die Red House Children’s Book Award en die Blue Peter Award. Sy woon in Glasgow, Skotland, saam met haar man, Malcolm.

 

OOR DIE ILLUSTREERDER

Axel Scheffler is ’n illustreerder van top internasionale kinderboeke. Sy illustrasies is in meer as 30 lande gepubliseer, en sy werk word wêreldwyd uitgestal. Hy is veral bekend vir The Gruffalo en Zog and the flying doctors. Hy woon in Londen, Engeland.

 

OOR DIE VERTALERS

Marlise Joubert is ’n vryskut skrywer, digter en skilder. Sy is die outeur van 11 publikasies en ook die webmeester van Versindaba. Vanaf 2001 tot 2006 ontvang sy die eerste, tweede en derde pryse in die Sanlam/RSG radiodramakompetisie. Sy is getroud met die digter Louis Esterhuizen en woon op Stellenbosch. Marcelle Olivier is haar dogter en het haar bygestaan met die vertaling. Marcelle is ’n argeoloog en woon in Cambridge, Engeland.

 

LESERSPROFIEL

4 – 8 jaar (kleuters, voorskool en jeug)

Addisionele Inligting

Gewig 0.5 kg
Mates 28.0 × 25.0 cm
Outeur

Julia Donaldson

Vertalers

Marlise Joubert & Marcelle Olivier

Illustreerder

Axel Scheffler

Verskyningsdatum

Junie 2023

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

32

ISBN

978-1-4853-1498-1

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Amok op ‘n besemstok" te beoordeel
Mandjie