Merke, gereed, maak! Meer as 300 handwerkidees vir klein handjies (en grotes)

R230.00

Merke, gereed, maak!

In hierdie boek word nie net tradisionele kunsmateriaal nie, maar sommer ook niksbeduidende weggooigoed ingespan om pragtige geskenke en kreatiewe huisversierings te maak. Daar’s genoeg verskeidenheid om bedrewe handwerkers én entoesiastiese nuwelinge se aandag te hou – en al die projekte kan aangepas word om by jou eie kreatiwiteit, vaardigheid, smaak en sak te pas.

Stap-vir-stap-aanwysings met duidelike foto’s, slim variasievoorstelle en handige handwerkwenke maak dit die ideale boek om vakansieverveling hok te slaan – of opnuut die kunstenaar in jou wakker te maak. Boonop bied die “7×7-blitsgids” jou hope idees oor hoe om in ’n japtrap die ideale geskenk of mooimaakding vir ’n vriendin, familielid of jouself op te tower.

3 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEUR

Pia Pedevilla het kuns en bedryfskuns studeer en was vir baie jare kuns- en tegniese tekene-onderwyser. Deesdae is sy voltyds by die skryf, illustreer en ontwerp van handwerkboeke betrokke, en ontwerp en maak sy ook speelgoed.

LESERSPROFIEL

Kinders 7–12 jaar; ouers, onderwysers, handwerkentoesiaste

Addisionele Inligting

Mates 265 × 240 cm
Outeur

Pia Pedevilla

Aantal bladsye

144

Omslag

Sagteband

Verskyningsdatum

2012

ISBN

9781869197001

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Merke, gereed, maak! Meer as 300 handwerkidees vir klein handjies (en grotes)" te beoordeel
Vir Ouer & Kind