Beskrywing
AGTERGRONDย ย ย
Ontdek die betowerende wรชreld van limericke saam met Philip de Vos en Piet Grobler in hierdie splinternuwe bundel! Laat jou verbeelding bokspring terwyl jy deur die kleurryke bladsye blaai wat vol grappige, soms tong-in-die-kiesavonture en vrolike verse is. Philip de Vos leer in die voorwoord vir lesers wat presies โn limerick is, hoe dit rym, en die spesifieke ritme wat elke limerick so uniek maak. Met eiesoortige, kleurryke illustrasies deur Piet Grobler is daar iets vir elke leser om te geniet. Die tantes van Atlantis is โn boek wat oud en jonk nie net sal laat glimlag nie, maar ook laat besef hoe vermaaklik limericke kan wees. Hierdie boek is โn fees vir almal wat hou van lag en lees!
OOR DIE OUTEUR
Philip de Vos is โn bekroonde skrywer, fotograaf en versiemaker van formaat en is in 2015 beloon met โn KykNET Fiรซsta Lewensbydrae vir Musiek, Woord- en Visuele kuns in Suid-Afrika. As kind wou hy dolgraag sirkusnar word โ en vandag laat hy met die humor in sy werk โn ieder en โn elk glimlag. Hy is baie lief vir diere en goggas, en het nog nooit eens โn mier met opset doodgetrap nie.
OOR DIE ILLUSTREERDER
Piet Grobler is โn bekroonde illustreerder wat met sy kunswerke stories vertel. Hy het al meer as 80 boeke geรฏllustreer en illustrasiewerk vir verskeie tydskrifte en koerante gedoen insluitende Sunday Times, De Kat, Insig, Sarie en Taalgenoot. Hy was senior dosent en kursusleier in Illustrasie aan die Universiteit van Worcester in England.
LESERSPROFIEL
Jeug (ouer) en tieners







Resensies
Daar is tans geen resensies nie.