Die tantes van Atlantis: plus 99 ander limericke vir vrypostige kinders

R230.00

Ontdek die betowerende wêreld van limericke saam met Philip de Vos en Piet Grobler in hierdie splinternuwe bundel! Laat jou verbeelding bokspring terwyl jy deur die kleurryke bladsye blaai wat vol grappige, soms tong-in-die-kiesavonture en vrolike verse is. Philip de Vos leer in die voorwoord vir lesers wat presies ’n limerick is, hoe dit rym, en die spesifieke ritme wat elke limerick so uniek maak. Met eiesoortige, kleurryke illustrasies deur Piet Grobler is daar iets vir elke leser om te geniet. Die tantes van Atlantis is ’n boek wat oud en jonk nie net sal laat glimlag nie, maar ook laat besef hoe vermaaklik limericke kan wees. Hierdie boek is ’n fees vir almal wat hou van lag en lees!

Uit voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND   

OOR DIE OUTEUR

Philip de Vos is ’n bekroonde skrywer, fotograaf en versiemaker van formaat en is in 2015 beloon met ’n KykNET Fiësta Lewensbydrae vir Musiek, Woord- en Visuele kuns in Suid-Afrika. As kind wou hy dolgraag sirkusnar word – en vandag laat hy met die humor in sy werk ’n ieder en ’n elk glimlag. Hy is baie lief vir diere en goggas, en het nog nooit eens ’n mier met opset doodgetrap nie.

OOR DIE ILLUSTREERDER

Piet Grobler is ’n bekroonde illustreerder wat met sy kunswerke stories vertel. Hy het al meer as 80 boeke geïllustreer en illustrasiewerk vir verskeie tydskrifte en koerante gedoen insluitende Sunday Times, De Kat, Insig, Sarie en Taalgenoot. Hy was senior dosent en kursusleier in Illustrasie aan die Universiteit van Worcester in England.

LESERSPROFIEL

Jeug (ouer) en tieners

Addisionele Inligting

Mates 28 × 21 cm
Outeur

Philip de Vos

Illustreerder

Piet Grobler

Verskyningsdatum

Januarie 2018

Aantal bladsye

64

Omslag

Hardeband

ISBN

9780637006460

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die tantes van Atlantis: plus 99 ander limericke vir vrypostige kinders" te beoordeel