Die Swart Kat slaan staal en verdere avonture (6)

R150.00

Soos ’n skaduwee bly die Swart Kat op die spoor van misdadigers in Suid-Afrika. Die woord “genade” bestaan nie in sy woordeskat nie. Hy is vinniger as die pik van ’n mamba, geruisloser as ’n arend, so sterk soos ’n bees en so onverskrokke soos ’n ratel! In hierdie reeks avonture trek die Swart Kat vir ’n laaste keer berugte kriminele plat: hy meet kragte teen ’n sterkman wat juwele steel, trap’n sluwe fietsdiefstalsindikaat vas en ontmasker ’n spul skurke wat geldnote vervals. En hierdie keer sal almal uiteindelik weet die Swart Kat het toegeslaan! Dié avonture is die nuutste en ook die heel laaste in Die Swart Kat-reeks.

5 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEUR 

Chris Sasner is ’n skuilnaam van Gert Basson. Gert is ’n skrywer, joernalis en uitgewer en is sedert 2003 saam met sy vrou Cillah op Swellendam woonagtig. As joernalis was hy verbonde aan die tydskrifte Avontuur/Die Lewe, Nonquai/Servamus, assistent-redakteur van Die Suidwester en redakteur van die jeugtydskrif Patrys. As uitgewer was hy hoof van belletrie van Voortrekkerpers/Perskor, bestuurder van Perskorboekklubs, bestuurder-uitgewer van  Juventus, Femina en Folio en hoofuitgewer by J.P. van der Walt tot en met sy uittrede in 1998. Hy doen ook vryskutwerk vir koerante en skryf kortverhale onder sy eie naam asook onder skuilname vir verskeie tydskrifte.

OOR DIE ILLUSTREERDER

Willem Samuel is ’n Suid-Afrikaanse strokiesprentkunstenaar. Hy was kunsdirekteur by die comic– en animasie-ateljee Strika Entertainment in Kaapstad, wat die gewilde Supa Strikas-televisiereekse en strokiesprente geskep het. Sy werk is verder te sien op die internet en het al in verskeie publikasies verskyn, onder meer Laugh it Off en Bitterkomix.

LESERSPROFIEL

Kinders: 914 jaar

Addisionele Inligting

Mates 21.3 × 13.7 cm
Outeur

Chris Sasner

Illustreerder

Willem Samuel

Verskyningsdatum

2021

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

112

ISBN

9781485313168

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die Swart Kat slaan staal en verdere avonture (6)" te beoordeel