Die avonture van Kuifie: Die geheimsinnige ster (10)

R200.00

In Die geheimsinnige ster is ’n meteoriet op pad na die aarde toe. Professor Katalis van die Sterrewag se voorspelling dat dit die einde van die wêreld is, word nie bewaarheid nie wanneer die meteoriet die aarde mis en ’n fragment daarvan in die Poolsee land. Saam met ’n groep wetenskaplikes vertrek Kuifie, Spokie en kaptein Sardijn op ’n ekspedisie om die stuk meteoriet te gaan bestudeer. Hulle is egter nie die enigstes wat so ’n ontdekkingstog onderneem nie en gou ontaard dit in ’n spannende resies om eerste daar te kom. Professor Katalis het reeds ’n nuwe metaal in die meteoriet bespeur en daar is baie op die spel.

3 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.

Die eerste verhaal van Kuifie verskyn op 10 Januarie as ’n bylae tot die Franstalige Brusselse koerant Le Vingtième Siècle. Hergé skryf en teken in die tydperk tussen 1929 en 1976 23 strokiesverhale (die 24ste verhaal bly onvoltooi).

In Die geheimsinnige ster is ’n meteoriet op pad na die aarde toe. Professor Katalis van die Sterrewag se voorspelling dat dit die einde van die wêreld is, word nie bewaarheid nie wanneer die meteoriet die aarde mis en ’n fragment daarvan in die Poolsee land. Saam met ’n groep wetenskaplikes vertrek Kuifie, Spokie en kaptein Sardijn op ’n ekspedisie om die stuk meteoriet te gaan bestudeer. Hulle is egter nie die enigstes wat so ’n ontdekkingstog onderneem nie en gou ontaard dit in ’n spannende resies om eerste daar te kom. Professor Katalis het reeds ’n nuwe metaal in die meteoriet bespeur en daar is baie op die spel.

OOR DIE OUTEUR

Die Belgiese skrywer en illustreerder Georges Prosper Remi oftewel Hergé (1907–1983) staan bekend as die vader van die moderne strokiesprent. Vir sy latere werke doen hy uitgebreide navorsing om die verhale so outentiek moontlik te maak. 

OOR DIE VERTALER

Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het by die Universiteit Stellenbosch gestudeer en beskik oor ’n Magistergraad in Frans. Sy is ook die vertaler van die Asterix-boeke, wat ook deur Protea gepubliseer word.

LESERSPROFIEL

Jeug en jong tieners

Addisionele Inligting

Mates 22 × 29.5 cm
Outeur

Hergé

Vertaler

Sonya Van Schalkwyk-Barrois

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

62

ISBN

9781485309949

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die avonture van Kuifie: Die geheimsinnige ster (10)" te beoordeel

Jy mag ook hou van…