Hallo! Ek is Laurita le Roux – ’n storie-liefhebber in elke sin van die woord. ✨
Ek leef tussen stories: dié in my twee seuntjies se prenteboeke, dié wat ek help vertel as video-redigeerder, en dié wat uit my potlood en verfkwas vloei as vryskut-illustreerder.
My liefde vir teken het begin as ’n manier om spanning en trauma te verwerk, en het met tyd ontwikkel in ’n stadige, deurdenkende vasvang van plekke en herinneringe op papier.
Ek woon in Bellville saam met my man en ons twee seuns – omring deur boeke, ‘n versameling klippies en stokke, en hope kwaste en penne.



























