Beskrywing
AGTERGROND
Diefstal, spoke, skobbejakke … en ’n tier!
Op Kranskop is daar nie ’n tekort aan koshuisstreke, avontuur of raaisels wat opgelos moet word nie. Wanneer ’n groot sirkustier boonop uit sy hok ontsnap, is dit die begin van selfs meer aksie.
Philip en sy vriende – die Uile – word nie toegelaat om aan die gewapende soektog deel te neem nie en besluit om dan maar na geitjies vir die biologieklas te gaan soek.
Maar sal hulle dalk in die proses op iets afkom wat veel groter en gevaarliker as ’n geitjie is?
OOR DIE OUTEUR
Justus Cornelias Dirks (Cor Dirks) is gebore op 28 Februarie 1911 op Volksrust. Hy was die skrywer van uiters gewilde en suksesvolle reekse soos Die Otters, Die Uile en Joof. Oom Cor was jare lank hoof van die Hoërskool Linden in Johannesburg. Hy was getroud met Ella van Niekerk en hulle het twee kinders, Justus en Elsje. Oom Cor is in Augustus 2000 oorlede.
LESERSPROFIEL
Jeug (8-12 jaar)










Resensies
Daar is tans geen resensies nie.