Flink, voortreflik, goed deurdink; om elke mens so spesiaal te laat voel.
KoueKoffieBoeke bied uitgekose, gekategoriseerde, splinternuwe boeke teen โn bekostigbare prys, afgelewer op jou voorstoep.
“Maak nie saak hoe arm nie, โn kind wat lees, is โn bevoorregte kind. Maak nie saak hoe verlate of verwaarloos nie, โn kind wat lees, is โn gekoesterde kind.” – Antjie Krog

KoueKoffieBoeke het โn 2024-Tinteltongtoekenning ontvang vir โOnderneming wat kreatief is in hul taal, goed vaar op sosiale media in Afrikaans en uitblinkโ!

KoueKoffieBoeke is 2 jaar oud!
In ons 3de jaar van besigheid bou ons voort op die vreugde van lees deur gehalte Afrikaanse kinderboeke tot by gesinne se deure te bring. Ons streef daarna om nie net boeke te verkoop nie, maar om โn liefde vir stories, taal en kultuur by kinders aan te wakker. Ons verbind ons tot uitstekende diens, โn persoonlike aanlyn winkel-ervaring en die bevordering van Afrikaans.



























Flink, voortreflik, goed deurdink; om elke mens so spesiaal te laat voel.
Flink diens – baie dankie. Julle sal beslis weer van my hoor.
Goeie diens. Aflewering was vinnig.
Uitstekende diens! Vinnig en professioneel! Hou baie van die verskeidenheid kinderboeke wat beskikbaar is.
Ek is gaande oor die boekies wat ek gekoop het, veral die krabbelboek, ‘n absolute moet vir vervelige kinders wat van fone af gehou wil word. Die boek het ek eintlik vir myself aangeskaf, maar my kinders het dit gou hulle eie gemaak.
Diens is puik! Baie dankie .
Ongelooflik. Vinnig. Proffesioneel. Mooi verpak. BAIE flinke diens.
“Fantastiese aanlyn winkel! Om te bestel is maklik en hul afleweringsdienste is goed en vinnig. Baie dankie Kouekoffieboeke!”
Ek is baie tevrede met die hele proses, die boekies het in ‘n puik kondisie by my aangekom. Die boekies is ideaal vir my kleindogter wat hierdie jaar in graad 1 is. Baie dankie.
Almal wat so hard werk by KoueKoffieBoeke, ons waardeer dit soooo baie! Hierdie is werklik spesiaal, ek weet sommer hierdie seuntjie van ons gaan soos ‘n Koningskind voel as hy sy pakkie wat met soveel liefde en sorg verpak is oopmaak. Dankie aan elkeen wat se hand aan daardie pakkie gevat het, jul vingerafdrukke het ewigheidswaarde.
Vind uit oor die jongste boeke en promosies: