Flink, voortreflik, goed deurdink; om elke mens so spesiaal te laat voel.
KoueKoffieBoeke bied uitgekose, gekategoriseerde, splinternuwe boeke teen ’n bekostigbare prys, afgelewer op jou voorstoep.
“Maak nie saak hoe arm nie, ’n kind wat lees, is ’n bevoorregte kind. Maak nie saak hoe verlate of verwaarloos nie, ’n kind wat lees, is ’n gekoesterde kind.” – Antjie Krog
KoueKoffieBoeke het ’n 2024-Tinteltongtoekenning ontvang vir “Onderneming wat kreatief is in hul taal, goed vaar op sosiale media in Afrikaans en uitblink”!
KoueKoffieBoeke is 1 jaar oud! Ons missie vir die volgende jaar is om so veel as moontlik kinders aan so veel as moontlik boeke bloot te stel. Boeke maak wêrelde oop vir kinders!
Flink, voortreflik, goed deurdink; om elke mens so spesiaal te laat voel.
“Sal beslis aanbeveel! Pragtige boeke!”
Die diens was van die bestelling af flink en indrukwekkend. Ek sien SO uit om onmiddellik vir my pop te begin lees. Julle het sulke oulike boeke, ek moes myself keer om nie sommer nog boeke te bestel. BAIE dankie!
Diens is puik! Baie dankie .
“Uitstekende diens! Wonderlike leiding vir ń werkende mamma wat nie altyd kan navors oor gepaste boeke vir haar kleuters nie! My dogtertjies is versot op hul boeke.”
Ek is baie gelukkig met julle diens en sien daarna uit om in die toekoms weer te bestel.
“Uitstekende flink diens – ek is baie tevrede met my bestelling. Dankie KoueKoffieBoeke!”
“Fantastiese aanlyn winkel! Om te bestel is maklik en hul afleweringsdienste is goed en vinnig. Baie dankie Kouekoffieboeke!”
Flinke, topgehalte diens en produkte is sorgvuldig verpak en gestuur. Baie dankie KoueKoffieBoeke! Ons sal vir seker in die toekoms weer by julle aankope doen.
Uitstekende diens! Vinnig en professioneel! Hou baie van die verskeidenheid kinderboeke wat beskikbaar is.
Vind uit oor die jongste boeke en promosies: