Flink, voortreflik, goed deurdink; om elke mens so spesiaal te laat voel.
KoueKoffieBoeke bied uitgekose, gekategoriseerde, splinternuwe boeke teen ’n bekostigbare prys, afgelewer op jou voorstoep.
“Maak nie saak hoe arm nie, ’n kind wat lees, is ’n bevoorregte kind. Maak nie saak hoe verlate of verwaarloos nie, ’n kind wat lees, is ’n gekoesterde kind.” – Antjie Krog
KoueKoffieBoeke het ’n 2024-Tinteltongtoekenning ontvang vir “Onderneming wat kreatief is in hul taal, goed vaar op sosiale media in Afrikaans en uitblink”!
KoueKoffieBoeke is 1 jaar oud! Ons missie vir die volgende jaar is om so veel as moontlik kinders aan so veel as moontlik boeke bloot te stel. Boeke maak wêrelde oop vir kinders!
Flink, voortreflik, goed deurdink; om elke mens so spesiaal te laat voel.
Uitstekende diens! Vinnig en professioneel! Hou baie van die verskeidenheid kinderboeke wat beskikbaar is.
Wonderlike ervaring van begin tot einde!! Lieflike, sorgvuldige verpakking. Goeie gehalte. Pragtige boeke!! Gaan definitief nog bestel.
Dankie vir die boeke. Alles netjies verpak en toegedraai.
Almal wat so hard werk by KoueKoffieBoeke, ons waardeer dit soooo baie! Hierdie is werklik spesiaal, ek weet sommer hierdie seuntjie van ons gaan soos ‘n Koningskind voel as hy sy pakkie wat met soveel liefde en sorg verpak is oopmaak. Dankie aan elkeen wat se hand aan daardie pakkie gevat het, jul vingerafdrukke het ewigheidswaarde.
KoueKoffieBoeke lewer praktiese en professionele diens. Dit was ‘n aangename verrassing om hul mooi verpakte lekker-lees boeke te ontvang.
Flinke, topgehalte diens en produkte is sorgvuldig verpak en gestuur. Baie dankie KoueKoffieBoeke! Ons sal vir seker in die toekoms weer by julle aankope doen.
Uitstekende en flink diens. Ek sal enige tyd weer by julle bestel en waardeer die moeite wat julle in jul bestellings insit. Baie dankie.
“Fantastiese reeks Afrikaanse boeke, baie oulike stories wat jonk en oud vermaak. My derde bestelling al ontvang en ons is verskriklik gelukkig met die kwaliteit van die boeke.”
Ek is baie tevrede met die hele proses, die boekies het in ‘n puik kondisie by my aangekom. Die boekies is ideaal vir my kleindogter wat hierdie jaar in graad 1 is. Baie dankie.
Vind uit oor die jongste boeke en promosies: