My kleuter geniet haar boekies en “lees” dit oor en oor. Sy geniet die helder prentjies. Ons is dankbaar om vir haar stories in Afrikaans te kan lees deur KoueKoffieBoeke. Die boeke word ook altyd vinnig en in puik kondisie by ons afgelewer.
KoueKoffieBoeke bied uitgekose, gekategoriseerde, splinternuwe boeke teen ’n bekostigbare prys, afgelewer op jou voorstoep.
“Maak nie saak hoe arm nie, ’n kind wat lees, is ’n bevoorregte kind. Maak nie saak hoe verlate of verwaarloos nie, ’n kind wat lees, is ’n gekoesterde kind.” – Antjie Krog