Flink, voortreflik, goed deurdink; om elke mens so spesiaal te laat voel.
KoueKoffieBoeke bied uitgekose, gekategoriseerde, splinternuwe boeke teen ’n bekostigbare prys, afgelewer op jou voorstoep.
“Maak nie saak hoe arm nie, ’n kind wat lees, is ’n bevoorregte kind. Maak nie saak hoe verlate of verwaarloos nie, ’n kind wat lees, is ’n gekoesterde kind.” – Antjie Krog
KoueKoffieBoeke het ’n 2024-Tinteltongtoekenning ontvang vir “Onderneming wat kreatief is in hul taal, goed vaar op sosiale media in Afrikaans en uitblink”!
KoueKoffieBoeke is 1 jaar oud! Ons missie vir die volgende jaar is om so veel as moontlik kinders aan so veel as moontlik boeke bloot te stel. Boeke maak wêrelde oop vir kinders!
Flink, voortreflik, goed deurdink; om elke mens so spesiaal te laat voel.
Baie dankie vir julle flinke diens! Die wonderlike illustrasies maak lees vir die kleinspan net makliker. Mal oor julle webtuiste en die boeke wat julle aanhou is uniek en kosbaar vir ons taal. Ons is trots Afrikaans en julle webtuiste en boeke laat ons hart bokspring! Dankie KoueKoffieBoeke!!
Wat ‘n opgewondenheid was dit nou nie vir jou nie!! Die kleinkinders was omtrent bly, en so ook die ouers. My dogter, ‘n arbeidsterapeut, dink die boeke is wonderlik! BAIE dankie vir al die moeite, die pakkies was so mooi.
“Uitstekende flink diens – ek is baie tevrede met my bestelling. Dankie KoueKoffieBoeke!”
Uitstekende en flink diens. Ek sal enige tyd weer by julle bestel en waardeer die moeite wat julle in jul bestellings insit. Baie dankie.
Pragtige boeke en vinnige aflewering. Definitief ‘n gunsteling aanlynwinkel vir my.
Ek is baie gelukkig met julle diens en sien daarna uit om in die toekoms weer te bestel.
Baie dankie vir julle flink, professionele diens. Kan nie wag om my kleinseun se boeke vir hom te gee nie!
“Sal KoueKoffieBoeke defnitief aanbeveel! Maklike en moeitelose bestellingsproses. Die boeke het in rekordtyd aangekom, en supergoeie kwaliteit. Hulle bied ‘n groot verskeidenheid boeke en ek sien reeds uit na my volgende aankope!”
KoueKoffieBoeke lewer praktiese en professionele diens. Dit was ‘n aangename verrassing om hul mooi verpakte lekker-lees boeke te ontvang.
Vind uit oor die jongste boeke en promosies: