Flink, voortreflik, goed deurdink; om elke mens so spesiaal te laat voel.
KoueKoffieBoeke bied uitgekose, gekategoriseerde, splinternuwe boeke teen ’n bekostigbare prys, afgelewer op jou voorstoep.
“Maak nie saak hoe arm nie, ’n kind wat lees, is ’n bevoorregte kind. Maak nie saak hoe verlate of verwaarloos nie, ’n kind wat lees, is ’n gekoesterde kind.” – Antjie Krog

KoueKoffieBoeke het ’n 2024-Tinteltongtoekenning ontvang vir “Onderneming wat kreatief is in hul taal, goed vaar op sosiale media in Afrikaans en uitblink”!

KoueKoffieBoeke is 2 jaar oud!
In ons 3de jaar van besigheid bou ons voort op die vreugde van lees deur gehalte Afrikaanse kinderboeke tot by gesinne se deure te bring. Ons streef daarna om nie net boeke te verkoop nie, maar om ’n liefde vir stories, taal en kultuur by kinders aan te wakker. Ons verbind ons tot uitstekende diens, ’n persoonlike aanlyn winkel-ervaring en die bevordering van Afrikaans.






























Flink, voortreflik, goed deurdink; om elke mens so spesiaal te laat voel.
Jul diens is uitstaande, dankie. Ons kan met groot gemoedsrus bestel en verseker wees als kom in ń puik toestand, afgelewer op ons voorstoep. Ouers, ouma’s en oupa’s, daar is ń groot keuse van boeke en ander dienste en goedere beskikbaar. Hier kan jy verseker wees jy kies reg!
| Sjoe, baie dankie vir ongelooflike diens! Ek het Sondagaand boeke bestel en dit is Woensdagoggend in die Vrystaat afgelewer! Dankie vir uitstekende pryse en voortreflike diens terwyl jul my heeltyd op hoogte gehou het. Ek maak verseker weer van jul diens gebruik. Baie dankie! |
Flink diens – baie dankie. Julle sal beslis weer van my hoor.
Baie dankie. Die boek is pragtig. Ek’s baie tevrede. Julle diens is puik.
Baie goeie en flinke diens en voortdurende kommunikasie oor my pakkie. Baie dankie!
Ek is gaande oor die boekies wat ek gekoop het, veral die krabbelboek, ‘n absolute moet vir vervelige kinders wat van fone af gehou wil word. Die boek het ek eintlik vir myself aangeskaf, maar my kinders het dit gou hulle eie gemaak.
Goeie diens. Aflewering was vinnig.
“Uitstekende flink diens – ek is baie tevrede met my bestelling. Dankie KoueKoffieBoeke!”
Dit is die tweede keer dat ek boeke bestel by KoueKoffie Boeke en om die bestelling te plaas was maklik, aflewering was vinnig en die boeke uit die boonste rakke. Boeke vir alle ouderdomme beskikbaar en ‘n groot verskeidenheid! Baie dankie vir julle puik winkel.
Vind uit oor die jongste boeke en promosies: