Beskrywing
AGTERGROND
Hoe voel dit om kaalvoet op ’n padda te trap?
Wat ruik erger as ’n vrot eier?
Hoe smaak ’n erdwurm-smoothie?
Wat moet jy doen as jou hond ’n duur geskenk insluk?
Die 7 slymerige stories in hierdie boek sal jou laat ril van lekkerkry!
OOR DIE OUTEUR
Jaco Jacobs is ’n bekroonde vertaler en skrywer. Sy skrywersloopbaan het al op skool begin, toe hy aan verskeie kompetisies vir aspirantskrywers deelgeneem en sy eerste stories in tydskrifte gepubliseer is. Tot op hede het Jaco al meer as 170 boeke vir kinders en jongmense gepubliseer, waaronder prenteboeke, kinderverse en niefiksie. Meer as eenmiljoen eksemplare van sy boeke is al verkoop en hy is tans een van die toperverkoperskrywers in Suid-Afrika. Daarby het hy al meer as 300 kinderboeke in Afrikaans vertaal. Jaco glo humor is ’n kernbestanddeel in enige prettige kinderboek en sy boeke word deur ’n sterk element van pret gekenmerk.
LESERSPROFIEL
Jeug











Resensies
Daar is tans geen resensies nie.