Beskrywing
AGTERGROND
Hierdie is ‘n nuwe boek wat effens beskadig is gedurende die vervoerproses en daarom nou teen ‘n verminderde bedrag verkoop word.
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.
Die eerste verhaal van Kuifie verskyn op 10 Januarie as ’n bylae tot die Franstalige Brusselse koerant Le Vingtième Siècle. Hergé skryf en teken in die tydperk tussen 1929 en 1976 23 strokiesverhale (die 24ste verhaal bly onvoltooi).
In Die 7 kristalballe keer die Sanders-Hardmuth-ekspedisie na Europa terug ná ’n lang reis deur Peru en Bolivia. Hulle bring die mummie van Raskar Kapak saam met hulle terug. Professor Sonneblom voorspel dat daar niks goeds van hierdie grafskending gaan kom nie. Een na die ander verval die sewe wetenskaplikes wat aan die ekspedisie deelgeneem het in ’n vreemde koma, en telkens word kristalskerwe op die toneel gevind. Brits en Britz se hulp word ingeroep om die saak te ondersoek. Intussen word professor Sonneblom ontvoer en Kuifie, Spokie en kaptein Sardijn vertrek na Suid-Amerika om hom te probeer opspoor.
OOR DIE OUTEUR
Die Belgiese skrywer en illustreerder Georges Prosper Remi oftewel Hergé (1907–1983) staan bekend as die vader van die moderne strokiesprent. Vir sy latere werke doen hy uitgebreide navorsing om die verhale so outentiek moontlik te maak.
OOR DIE VERTALER
Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het by die Universiteit Stellenbosch gestudeer en beskik oor ’n Magistergraad in Frans. Sy is ook die vertaler van die Asterix-boeke, wat ook deur Protea gepubliseer word.
LESERSPROFIEL
Jeug en jong tieners









Resensies
Daar is tans geen resensies nie.