Beskrywing
AGTERGROND
Wat doen mense elke dag? Richard Scarry se innoverende leer-en-speelboek beeld mense uit in hulle werksomgewings. Op ’n prettige wyse word daar geleer oor beroepe en wat dit presies behels. Wat doen ’n bakker? Hoe word brood gebak? Wie bou paaie? Hoe teer hulle die pad? Verder kan honderde nuwe woorde met behulp van Richard Scarry se wonderlike, klassieke tekeninge geleer word. Die woorde word gegroepeer volgens tema sodat die kind op ’n heerlike prettige wyse sy of haar kennis van die wêreld kan uitbrei. ’n Plesier vir oud en jonk!
OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER
Richard McClure Scarry (1919–1994) was ’n wêreldbekende en gewilde Amerikaanse kinderboekskrywer en -illustreerder wat meer as 300 boeke gepubliseer het waarvan daar 300 miljoen eksemplare verkoop het. Scarry is gebore in Boston, Massachusetts. Ná skool het hy studeer aan die School of the Museum of Fine Arts in Boston. Sy studies is onderbreek deur die Tweede Wêreldoorlog en ná die oorlog het Scarry by verskillende tydskrifte se kunsdepartemente gewerk voordat hy sy suksesvolle loopbaan as illustreerder van stapel gestuur het.
OOR DIE VERTALER
Carina Diedericks-Hugo is ’n bekroonde Afrikaanse skrywer van jeugverhale.
LESERSPROFIEL
Kleuter, voorskool en jeug







Resensies
Daar is tans geen resensies nie.