Wannie van die woonstel

R100.00

Wannie woon alleen in ʼn klein kamertjie op die boonste verdieping van ’n gebou. Hy maak hier vriende met Zaza, die kokkerot, en Dollie, die vriendelike duif wat wéét wanneer om haar ding te doen. Kort voor lank moet Wannie sy dierevriende uit die moeilikheid help. Met sy rooi insleeplorretjie, en saam met Agie (die sindelike meisie wat net pienk dra) en die Stampertjies (ses broertjies met die vreeslikste kapsels), beleef hy groot avonture. Maar kan ʼn klomp kinders regtig ʼn park, en die diere wat in die park woon, red wanneer die grootmense daar wil bou?

Wannie van die woonstel (Pluk van de Petteflet in Nederlands) het in 1971 vir die eerste keer verskyn en word beskou as een van die groot gunsteling Nederlandse kinderboeke van alle tye. Sedertdien is dit in verskeie tale vertaal, o.a. Duits, Noorweegs, Spaans, Russies en Bulgaars. In 2002 is dit in ʼn Nederlandse radiodrama omskep en die fliek, Tow truck Pluck (2004), het in 2005 platinumstatus bereik en is gelys as een van die top tien flieks wat tussen 1995 en 2005 in Nederland verskyn het. Pluk het in 1999 sy eie seël gekry.

16 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEUR 

Annie M.G. Scmidt is in 1911 in Kapelle, Nederland, gebore. Sy het eers in ’n biblioteek gewerk en daarna vir Het Parool, ’n Amsterdamse koerant. Haar kinderboeke is wêreldwyd bekend. In 1988 het sy die hoogste internasionale toekenning vir kinderboekskrywers, die Hans Christian Andersenprys, gekry. Die beroemde Sweedse skryfster Astrid Lindgren het dit aan haar oorhandig. Annie M.G. Schmidt het op 21 Mei 1995, die nag ná haar vier-en-tagtigste verjaardag, gesterf.

LESERSPROFIEL

3-12 jaar

Addisionele Inligting

Mates 25 × 19 cm
Outeur

Annie M.G. Schmidt

Illustreerder

Sophia Maria "Fiep" Westendorp

Vertaler

Amelia de Vaal

Verskyningsdatum

2014

Aantal bladsye

160

Omslag

Hardeband

ISBN

978-1-86919-969-2

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Wannie van die woonstel" te beoordeel
Ook op TV!
Mandjie