Beskrywing
AGTERGROND
Tommie is rasend honger en maak vir hom die grootste toebroodjie wat jy nog ooit gesien het.
Wil jy ook ’n happie hê?
Tommie maak sy ma se kombuiskaste leeg om vir hom die grootste toebroodjie ter wêreld te maak. Sal die toebroodjie met die sjokoladesmeer, mosterd, sjokoladevermicelli, rosyntjies, appelkooskonfyt, grondboontjiebotter, ’n lepel soet heuning en bykans die hele yskasinhoud genoeg wees om Tommie se groot honger te stil? Kom kyk bietjie hoe lyk ’n toringhoë toebroodjie!
Hierdie publikasie is ook in Engels beskikbaar, Sammy and the skyscraper sandwich.
LESERSPROFIEL
Kinders van 2-9 jaar oud







Resensies
Daar is tans geen resensies nie.