Tando, die tandmuis van Muizenberg/ Tando the Tooth Mouse of Muizenberg

R110.00

Onlangs ‘n melktand verloor?

Besig om een te wissel?

Of ken jy iemand wat een gaan wissel?

Dan is hierdie pragtige kinderboek die perfekte geskenk, want hier maak ons kennis met Tando, die Tandmuis van Muizenberg – die muis wat enige melktand op enige plek sal kom haal. Terwyl kinders in droomland speel, sal die brawe muis vyande oorwin om hul tande te kom optel. Maar los asseblief tog vir hom ‘n lekker happie… Volg Tando se avonture, bewonder die uitgebreide illustrasies, leer wat hy met die tande doen en, net so belangrik, verstaan hoe belangrik dit is om na jou tande om te sien.

Uit voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Welkom by die wonderwêreld van Tando, die beroemdste tandmuis in Afrika. Dié Superman van dentale dinge vernietig vyande vinniger as wat Batman booswigte kan laat les opsê. En met meer bravade as Spiderman en ’n groter hart as die aartsbiskop,  staan sy stert vir g’n avontuur verkeerd nie. Hy’s mos ’n muis met ’n massiewe missie – beveg plaak met hand en tand, watookal dit verg!

Maak kennis met die tandmuis, die kat met sewe lewens en die slang wat Tando wil verslind. Skrywer Sybrandus Adema en illustreerder Liza Grobler bied ’n tydlose, vermaaklike en opvoedkundige boek aan kinders wat hul melktande verloor – asook vir hul ouers.

 

BACKGROUND

Tando the touth mouse of Muizenberg, written by Sybrandus Adema, with illustrations by well-respected artist, Liza Grobler, is a bilingual children’s book is about the most famous mouse in Africa who is on a massive mission to combat plaque.

The book is written in Afrikaans and English.

 

LESERSPROFIEL

Kleuters, voorskool en jeug

 

READER PROFILE

Toddlers, pre-school and youth

 

Addisionele Inligting

Outeur

Sybrandus Adema

Illustreerder

Liz Grobler

Omslag

Sagteband

ISBN

9780981416878

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Tando, die tandmuis van Muizenberg/ Tando the Tooth Mouse of Muizenberg" te beoordeel