Stylboek: Riglyne vir paslik skryf

R420.00

Hierdie omvattend herbewerkte uitgawe van die Stylboek wat in 2003 gepubliseer is, is ’n ideale naslaanbron vir almal wat in Afrikaans skryf. Dit is gerig op studente, akademici, redakteurs, joernaliste, resensente, redigeerders, taalpraktisyns en opvoeders. Skryfbeginsels word in die teks op eenvoudige en verstaanbare wys verduidelik en met talle voorbeelde toegelig.

In die afdelings oor styl word verduidelik op watter wyse ’n teks oortuigend en aantreklik, duidelik en bondig aangebied kan word sodat effektief gekommunikeer kan word. Die gepaste toon vir verskillende kontekste, wat van formeel na informeel kan wissel, word uiteengesit en in ’n aparte hoofstuk word toeligtend oor die styl van navorsingstekste geskryf. Twee toevoegings by die oorspronklike boek is ’n afdeling oor die styl van literêre analises en resensies en ’n hoofstuk gewy aan “regte” en “verkeerde” taalgebruik.

3 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEURS

P.A. du Toit was dosent in letterkunde, stilistiek, resensiestudie en taalversorging in die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy het aan onder meer die universiteite van Amsterdam, Utrecht, Leiden, Nijmegen en Antwerpen ondersoek gedoen in die vakgebied Taalbeheersing. Naas artikels oor ’n verskeidenheid literêre en stilistiese onderwerpe het hy ook profielstudies oor Afrikaanse prosaskrywers gepubliseer.

Wanda Smith is uitgewer en leksikograaf by Pharos Woordeboeke in Kaapstad. Sy was joernalis, taalkonsultant en deeltydse dosent aan die Kaapse Technikon (tans die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie) en het aan die Universiteit van Stellenbosch kursusse in skryfvaardigheid en deeltyds in stilistiek in die nagraadse afdeling Vertaling van die Departement Afrikaans en Nederlands aangebied.

Addisionele Inligting

Mates 22.2 × 15.2 cm
Outeurs

Piet du Toit en Wanda Smith

Aantal bladsye

260

Omslag

Sagteband

ISBN

9781485301141

Verskyningsdatum

April 2015

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Stylboek: Riglyne vir paslik skryf" te beoordeel
Vir Ouer & Kind