Beskrywing
AGTERGROND
Ben het ’n probleem. ’n Stink probleem.
Hy het net een paar sokkies vir die skoolkamp ingepak … en dit ruik kort voor lank aaklig!
Van die kinders op die kamp begin hom terg.
Gelukkig het sy beste maat ’n briljante plan …
OOR DIE OUTEUR
Jaco Jacobs is ’n bekroonde vertaler en skrywer. Sy skrywersloopbaan het al op skool begin, toe hy aan verskeie kompetisies vir aspirantskrywers deelgeneem en sy eerste stories in tydskrifte gepubliseer is. Tot op hede het Jaco al meer as 170 boeke vir kinders en jongmense gepubliseer, waaronder prenteboeke, kinderverse en niefiksie. Meer as eenmiljoen eksemplare van sy boeke is al verkoop en hy is tans een van die toperverkoperskrywers in Suid-Afrika. Daarby het hy al meer as 300 kinderboeke in Afrikaans vertaal. Jaco glo humor is ’n kernbestanddeel in enige prettige kinderboek en sy boeke word deur ’n sterk element van pret gekenmerk.
LESERSPROFIEL
7 jaar en ouer









Resensies
Daar is tans geen resensies nie.