Skrik kom huis toe

R100.00

ʼn Jeugverhaal wat ook geskik is vir volwassenes. Met Dolf van Niekerk se intieme kennis van die kind, skryf hy vanuit ʼn kind se oogpunt oor “die buitestaander/outcast”. Verskeie kwessies wat ʼn kind na aan die hart lê word aangeraak, soos: gebroke families, tekort aan aandag en liefde, drome en standvastigheid.

Albert is eensaam. Hy kom uit ʼn gebroke huis waar daar baie gehuil en min gelag word. Hy ken nie sy stiefma nie en dis asof sy pa net ʼn kuiergas in die huis is. ʼn Posduif bring nuwe hoop en opwinding in sy lewe. Die tuin word sy veilige hawe – die plek waar hy net homself kan wees en vrylik mag liefhê.

ʼn Jeugboek wat meer as net ʼn ontspanningsboek is. As jou kind hierdie eers gelees het, sal sy vir die res van haar lewe opkyk as sy die geruis van duifvlerke hoor. Sy sal deernis hê met haar maats wat uit gebroke huise kom, want sy sal besef dat hulle dit nie maklik in die lewe het nie. Sy sal nooit net niks kan voel as sy ʼn dooie posduif in die pad sien lê nie. As sy dikbek of sleg voel, sal sy uitwyk na die stilte van die tuin. En as iemand haar drome bedreig, sal sy hulle op ʼn afstand by die diere stilletjies sit en vloek. – Keina Swart

Uit voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEUR

Rudolf Johannes van Niekerk (Dolf) is op 22 Februarie 1929 in Edenburg gebore. Hy het sy debuut in 1953 in die literêre tydskrif Standpunte, gemaak. Hy het begin prosa skryf,asook verskeiewerke virradiowat insluitdramasen reekse.

Toekennings:
Eugène Marais-prys (1964) – Skepsels
SABC Akademie-prys (1965) – Land van ons Vryheid
SABC Akademie-prys (1971) – Rock 99
M.E.R.-prys vir Jeuglektuur (1986) – Die haasvanger
Scheepersprys vir Jeuglektuur (1984-1986) – Die haasvanger
Ruiterbeeld-prys (1984) – Niemand se dag nie

LESERSPROFIEL

Kinder 10 jaar oud tot volwassenes

Addisionele Inligting

Mates 13.7 × 21.3 cm
Outeur

Dolf van Niekerk

Verskyningsdatum

2014

Aantal bladsye

96

Omslag

Sagteband

ISBN

9781485302377

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Skrik kom huis toe" te beoordeel
KKB-gunsteling!