Simon staan sy man

R100.00

Simon is hartseer omdat sy beste maat moes wegtrek. Hy is ook hartseer toe sy hondjie doodgaan en hy by die skool geboelie word. Met Mamma se hulp leer hy egter dat mens glad nie skaam hoef te voel om te huil nie. Wanneer hy ‘n nuwe stokperdjie kry, begin hy sterker en minder alleen voel. Hierdie oulike verhaal oor ‘n hartseer leeutjie leer kinders dat alle emosie belangrik is, en dat moeilike situasies ons kan help om ons innerlike krag te ontdek.

2 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Simon is hartseer omdat sy beste maat moes wegtrek. Hy is ook hartseer toe sy hondjie doodgaan en hy by die skool geboelie word. Met Mamma se hulp leer hy egter dat mens glad nie skaam hoef te voel om te huil nie. Wanneer hy ‘n nuwe stokperdjie kry, begin hy sterker en minder alleen voel. Hierdie oulike verhaal oor ‘n hartseer leeutjie leer kinders dat alle emosie belangrik is, en dat moeilike situasies ons kan help om ons innerlike krag te ontdek.

 

OOR DIE OUTEUR

Wendy Maartens is ‘n skrywer, openbare spreker en versamelaar van eg Suid-Afrikaanse volksverhale, legendes, rympies en ware stories.

Sy leef in verwondering oor die krag van woorde, die blou-blou see en die mandjie stories wat elke mensekind saamdra.

Wendy put inspirasie uit die eenvoud van haar onmiddellike omgewing. Daarom is sy so lief vir Tafelbaai, die Weskus en die Overberg waar die stories van lank gelede laag op laag soos ‘n skulpmied lê.

Haar grootste droom is dat gesinne weer tyd sal maak om die stories van hul komvandaan om die etenstafel te koester. Dat elke dorp weer ‘n storieverteller sal hê wat laatmiddag op die dorpsplein stories uit die omgewing vertel. Maar bowenal dat ons sal leer om stilte die praatwerk te laat doen sodat ons kan onthou dat ons almal deel van dieselfde universele verhaal is.

 

LESERSPROFIEL

Kleuters, voorskool en (jong) jeug

Addisionele Inligting

Mates 28 × 21 cm
Outeur

Wendy Maartens

Illustreerder

Alistair Ackermann

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

22

ISBN

9781776253869

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Simon staan sy man" te beoordeel

Jy mag ook hou van…