Quinn se jaar van kwik

R260.00

Excellentia is g’n gewone skool nie. Die plek is vol geheime en tradisies wat Quinn se hare laat rys. Maar sy is nie daar om te integreer nie – sy is daar om te leer. Ongelukkig is die lewe nie so voorspelbaar soos ’n chemie-eksperiment nie. En soms maak dit nie saak wat jy doen nie, die moeilikheid kom soek jou.

 

Dit is ‘n blik op vandag se tieners; hoe lewensopvattings en morele waardes soms lynreg teenoor die realiteit te staan kom. Keuses wat hulle moet maak om tot aksie oor te gaan of stil te bly.

 

Uit voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Excellentia is g’n gewone skool nie. Die plek is vol geheime en tradisies wat Quinn se hare laat rys. Maar sy is nie daar om te integreer nie – sy is daar om te leer. Ongelukkig is die lewe nie so voorspelbaar soos ’n chemie-eksperiment nie. En soms maak dit nie saak wat jy doen nie, die moeilikheid kom soek jou.

 

OOR DIE OUTEUR

Zelda Bezuidenhout is in Zambië gebore, maar het op Hennenman in die Vrystaat grootgeword. Ná skool het sy B.A. Kommunikasiekunde aan die P.U. vir C.H.O. (deesdae Noordwes Universiteit) gaan swot en aan die einde van haar vierde jaar was sy een van twaalf nagraadse studente landwyd wat gekies is vir ’n reklame-internskap by die AAA (Association of Advertising Agencies). “My rugsak was reeds gepak vir ’n jaar se werk op ’n Israeliese kibboets toe ek die nuus kry. Ek het my rugsak maar weer uitgepak en op die ou end vir amper dertig jaar as tweetalige kopieskrywer in die reklamebedryf gewerk – die meeste van daai jare as ’n vryskutskrywer. Ek het nou nog nie in Israel uitgekom nie!” Deesdae woon sy op Parys in die Vrystaat saam met haar man, Izak, en tienerdogter, Mia. Sy bedryf ’n klein portefeulje selfsorg-gastehuise en het in die middel van 2017 haar eerste boek, As mens geluk kon proe, geskryf. Dit is as naaswenner in LAPA se jeugromankompetisie bekroon.

 

LESERSPROFIEL

Tieners

Addisionele Inligting

Mates 21.2 × 13.6 cm
Outeur

Zelda Bezuidenhout

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

247

Verskyningsdatum

2024

ISBN

9780637006248

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Quinn se jaar van kwik" te beoordeel