Prinses Pampoenpit

R170.00

Pampoenpit het ‘n geheim: Sy hou glad nie van haar hare nie! Haar wilde, woeste krulle weier om getem te word. Sy kry dit ook nie weggesteek nie. Hoekom kan haar hare nie net soos die ander kinders s’n lyk nie? Maar op ‘n dag ontdek sy dat jou verskille iets is waarop jy trots kan wees!
‘n Treffende verhaal oor hoe om dit wat jou spesiaal maak, te vind. Die boek skakel in by debatte rondom die dra van hare op ‘n natuurlike manier. Die verteenwoordiging van meisies in boeke is baie belangrik, en hierdie boek het ‘n meisie as hoofkarakter.

Uit voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Pampoenpit het ‘n geheim: Sy hou glad nie van haar hare nie! Haar wilde, woeste krulle weier om getem te word. Sy kry dit ook nie weggesteek nie. Hoekom kan haar hare nie net soos die ander kinders s’n lyk nie? Maar op ‘n dag ontdek sy dat jou verskille iets is waarop jy trots kan wees!
‘n Treffende verhaal oor hoe om dit wat jou spesiaal maak, te vind. Die boek skakel in by debatte rondom die dra van hare op ‘n natuurlike manier. Die verteenwoordiging van meisies in boeke is baie belangrik, en hierdie boek het ‘n meisie as hoofkarakter.

OOR DIE OUTEUR

Bianca Flanders is ’n aktrise, stemkunstenaar en onderwyser wat in Kaapstad woon. Sy het in 2011 haar graad in Drama- en Teaterstudie aan die Universiteit van Kaapstad (UK) behaal. In die daaropvolgende jaar, het Bianca ook ’n nagraadse sertifikaat in onderwys by UK verwerf. Bianca was ’n onderwyser by Camps Bay High en sy was ook verbonde aan Battswood Arts Centre en City Varsity. Vir haar akteurswerk ontvang Bianca in 2016 ’n Fleur de Cap-nominasie vir haar rol as Miela in “Kristalvlakte”. In 2018 word sy ook genomineer vir ’n WoordTROfees-toekenning.

LESERSPROFIEL

3-8 jaar

Addisionele Inligting

Outeur

Bianca Flanders

Illustreerder

Zinelda McDonald

Verskyningsdatum

2019

Omslag

Sagteband

ISBN

9780799395808

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Prinses Pampoenpit" te beoordeel

Jy mag ook hou van…