Description
AGTERGROND
Die heelal waarin planeet Aarde haar bevind, is nog vol raaisels, maar in Planetarium word ’n paar van die ruimte se geheimenisse ontsluit. Ons kry ’n kykie na die sonnestelsel, die Son, die naghemel, sterrestelsels en die heelal. Ontdek fassinerende hemelligame soos klein, ysige mane tot reuse, warrelende sterrestelsels. Wanneer jy deur hierdie museum in drukvorm blaai, betree jy ’n unieke interstellêre reis.
Planetarium is deel van die gewilde Welkom by die museum-reeks. Ander titels in die reeks is: Kaarte, Dinosourium, Anatomicum en Botanicum.
OOR DIE OUTEUR
Raman Prinja is ’n professor in astrofisika aan die Universiteitskollege Londen (UCL), waar hy spesialiseer in massiewe sterre, stervorming en die evolusie van sterrestelsels.
OOR DIE ILLUSTREERDER
Chris Wormell is ’n ervare illustreerder wat bekend is vir prenteboeke soos George and the Dragon.
LESERSPROFIEL
7 – 14 jaar
Reviews
There are no reviews yet.