Beskrywing
AGTERGROND
Pampoenpit word een oggend wakker van ’n geraas. Toe sy en Toets die kat by die venster uitloer, sien hulle mense wat besig is om rommel te verwyder. Die mans en vroue skitter en blink in hul uniforms, soos ware helde. Toe begin Pampoenpit wonder oor waar daar oral geheime helde is …
“Hulle doen hul werk soms stil-stil, hier reg onder jou neus. As jy Geheime Helde raaksien, kan jy leer om een te wees! Hulle maak menselewens beter, maak ’n verskil waar hulle kan. Hulle vind uit wat gedoen moet word en DOEN dit – dis hul plan.”
’n Pragtige storie wat vir kinders wys dat daar geheime helde oral in ons wêreld is, mens moet hulle net soek!
OOR DIE OUTEUR
Bianca Flanders is ’n aktrise, stemkunstenaar en onderwyser wat in Kaapstad woon. Sy het in 2011 haar graad in Drama- en Teaterstudie aan die Universiteit van Kaapstad (UK) behaal. In die daaropvolgende jaar, het Bianca ook ’n nagraadse sertifikaat in onderwys by UK verwerf. Bianca was ’n onderwyser by Camps Bay High en sy was ook verbonde aan Battswood Arts Centre en City Varsity. Vir haar akteurswerk ontvang Bianca in 2016 ’n Fleur de Cap-nominasie vir haar rol as Miela in “Kristalvlakte”. In 2018 word sy ook genomineer vir ’n WoordTROfees-toekenning.
LESERSPROFIEL
3-8 jaar
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.