Beskrywing
AGTERGROND
Tekstuurboek.
‘n Fraai boek wat kinders leer van die natuur, van kleure, en ook hoe lief hul ouers vir hulle is, maak nie saak hóé hul lyk nie. Boonop is Ysie, die klein ysbeertjie, in sagte tekstuur sodat handjies kan voel en leer.
Ysie Ysbeer weet al baie: waar die lekkerste visse swem, hoe ’n sneeuvlokkie smaak, dat die wind kan streel én byt, en wanneer die son of die maan skyn. Hy weet ook hoe ver hy van sy mamma af kan dwaal sonder dat hy in gevaar is. Maar daar is natuurlik dinge wat Ysie nog nie heeltemal verstaan nie, maar die antwoord op die heel belangrikste vraag ken hy: Hoe lief sy mamma vir hom is!
Ook beskikbaar in Engels: Because I love you so much
OOR DIE OUTEUR & ILLUSTREERDER
Guido van Genechten het in 1998 die Prys van die stad Hasselt met Rikki gewen en is sindsdien voltyds besig om nuwe karakters te skep waarmee hy die harte van peuters en kleuters verower. Sy prenteboeke word in meer as 30 lande verkoop. Omdat ek so lief is vir jou is ’n gunsteling waarvan daar al meer as 200 000 eksemplare verkoop is.
OOR DIE VERTALER
Shané Kleyn (1986) is sedert 2010 Protea Boekhuis se kinder- en jeugboekredakteur. Sy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal.
LESERSPROFIEL
Kleuters, voorskool, jong jeug
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.