Beskrywing
AGTERGROND
Alhoewel die eerste vier boeke in die wêreldbekende Kronieke van Narnia met verloop van tyd drupsgewys en deur verskillende uitgewers in Afrikaans vertaal is, is Protea Boekhuis se publikasie van Die vaart van die Dagbreker ’n eerste: dis nie net die vyfde titel in die reeks se debuut in Afrikaans nie, maar ook die eerste van Kobus Geldenhuys se uitmuntende vertalings wat uiteindelik al sewe boeke in die reeks onder die Protea-vaandel sal verenig. In Die vaart van die dagbreker beland Edmund en Lucy Pevensie saam met hulle mislike nefie Eustace Scrubb aan boord van die Dagbreker – die skip waarmee Prins Kaspian onderweg is na die Eensame Eilande op soek na die sewe lords van Narnia wat jare gelede spoorloos verdwyn het. Op dié gevaarlike reis trotseer hulle allerlei uitdagings– maar die droom om tot by Aslan se land aan die einde van die wêreld te seil bly groter as enige vrees vir die onbekende.
OOR DIE OUTEUR:
Clive Staples Lewis (1898–1963) was een van die intellektuele reuse van die twintigste eeu – en waarskynlik een van die grootste skrywers van sy tyd. Die meer as dertig boeke wat uit Lewis se pen verskyn het spreek tot ’n wye en uiteenlopende gehoor, en bly selfs ’n halfeeu ná sy dood jaarliks nuwe lesers werf. Die kronieke van Narnia – waarvaan tot op hede meer as 1 miljoen kopieë wêreldwyd verkoop is – is een van sy gewildste en mees gerekende werke.
LESERSPROFIEL:
Ouer jeug en jong tieners
(8-12 jaar)
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.