Narnia: Die silwer stoel (6)

R180.00

Net toe Jill Pole na die langste en goorste skoolkwartaal in haar lewe begin opsien, gebeur iets magies: Sy en Eustace Scrubb beland in Narnia! Aslan gee aan hulle vier tekens en ’n opdrag: om Prins Rilian, wat jare gelede spoorloos verdwyn het, op te spoor en terug te bring na Kair Paravel. Ongelukkig is die kinders so meegevoer deur hulle nuwe omgewing dat die eerste drie tekens heeltemal by hulle verbygaan. Sal hulle die vierde teken ook mis – of sal hulle daarin slaag om Prins Rilian met sy sterwende vader te herenig?

Die silwer stoel, briljant vertaal deur Kobus Geldenhuys, verskyn hiermee vir die heel eerste keer in Afrikaans. 

2 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEUR:

Clive Staples Lewis (1898–1963) was een van die intellektuele reuse van die twintigste eeu – en waarskynlik een van die grootste skrywers van sy tyd. Die meer as dertig boeke wat uit Lewis se pen verskyn het spreek tot ’n wye en uiteenlopende gehoor, en bly selfs ’n halfeeu ná sy dood jaarliks nuwe lesers werf. Die kronieke van Narnia – waarvaan tot op hede meer as 1 miljoen kopieë wêreldwyd verkoop is – is een van sy gewildste en mees gerekende werke. 

LESERSPROFIEL:

Ouer jeug en jong tieners

(8-12 jaar)

Addisionele Inligting

Mates 21.3 × 13.7 cm
Outeur

C.S. Lewis

Vertaler

Kobus Geldenhuys

Verskyningsdatum

Mei 2015

Aantal bladsye

208

Omslag

Sagteband

ISBN

9781485302216

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Narnia: Die silwer stoel (6)" te beoordeel

Jy mag ook hou van…

Mandjie