Beskrywing
AGTERGROND
In Die laaste geveg – die sewende en laaste aflewering in Die kronieke van Narnia – keer Jill en Eustace terug na Narnia om dié magiese land te red van ondergang. Die slinkse aap Swendel het die donkie Warboel verlei om hom met ’n leeuvel te vermom en die diere en dwerge te laat glo hy is die ware Aslan. Chaos dreig en oorlog tussen die Narniane en die Kalormene is onafwendbaar. Sal die kinders Narnia van ondergang kan red?
Die laaste geveg is danksy Kobus Geldenhuys se uitmuntende vertaling nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar.
OOR DIE OUTEUR:
Clive Staples Lewis (1898–1963) was een van die intellektuele reuse van die twintigste eeu – en waarskynlik een van die grootste skrywers van sy tyd. Die meer as dertig boeke wat uit Lewis se pen verskyn het spreek tot ’n wye en uiteenlopende gehoor, en bly selfs ’n halfeeu ná sy dood jaarliks nuwe lesers werf. Die kronieke van Narnia – waarvaan tot op hede meer as 1 miljoen kopieë wêreldwyd verkoop is – is een van sy gewildste en mees gerekende werke.
LESERSPROFIEL:
Ouer jeug en jong tieners
(8-12 jaar)
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.