Beskrywing
AGTERGROND
Wiekie woon in โn sirkus. Al is sy net โn welpie, begin die leeutemmer haar reeds toertjies leer. Wiekie se hart is seer. Sy wil nie soos Mamma toertjies doen en in โn hok wees nie. Mamma vertel vir Wiekie dat hulle van Afrika kom en gebore is om vry te wees. Hulle word uit die sirkus gered en na Suid-Afrika geneem. Daar is hulle vry om boom te klim en in die gras te rol.
OOR DIE OUTEUR
Wendy Maartens is โn skrywer, openbare spreker en versamelaar van eg Suid-Afrikaanse volksverhale, legendes, rympies en ware stories.
Sy leef in verwondering oor die krag van woorde, die blou-blou see en die mandjie stories wat elke mensekind saamdra.
Wendy put inspirasie uit die eenvoud van haar onmiddellike omgewing. Daarom is sy so lief vir Tafelbaai, die Weskus en die Overberg waar die stories van lank gelede laag op laag soos โn skulpmied lรช.
Haar grootste droom is dat gesinne weer tyd sal maak om die stories van hul komvandaan om die etenstafel te koester. Dat elke dorp weer โn storieverteller sal hรช wat laatmiddag op die dorpsplein stories uit die omgewing vertel. Maar bowenal dat ons sal leer om stilte die praatwerk te laat doen sodat ons kan onthou dat ons almal deel van dieselfde universele verhaal is.
LESERSPROFIEL
Kleuters, voorskool en (jong) jeug








Resensies
Daar is tans geen resensies nie.