Beskrywing
AGTERGROND
Patat slaap elke aand styf teen Mamma in die berg.
Vroegoggend begin die hele trop bobbejane kos soek.
Partykeer is daar nie genoeg kos in die berg en op die strand nie.
Dan moet hulle dorp toe gaan.
‘n Kwaai man wil vir Patat en Mamma uit ‘n lukwartboom jaag.
Maar die vrou en dogtertjie wat daar woon, gee nie om dat hulle kom kuier nie.
Patat weet nou hulle het vriende in die dorp.
OOR DIE OUTEUR
Wendy Maartens is ‘n skrywer, openbare spreker en versamelaar van eg Suid-Afrikaanse volksverhale, legendes, rympies en ware stories.
Sy leef in verwondering oor die krag van woorde, die blou-blou see en die mandjie stories wat elke mensekind saamdra.
Wendy put inspirasie uit die eenvoud van haar onmiddellike omgewing. Daarom is sy so lief vir Tafelbaai, die Weskus en die Overberg waar die stories van lank gelede laag op laag soos ‘n skulpmied lê.
Haar grootste droom is dat gesinne weer tyd sal maak om die stories van hul komvandaan om die etenstafel te koester. Dat elke dorp weer ‘n storieverteller sal hê wat laatmiddag op die dorpsplein stories uit die omgewing vertel. Maar bowenal dat ons sal leer om stilte die praatwerk te laat doen sodat ons kan onthou dat ons almal deel van dieselfde universele verhaal is.
LESERSPROFIEL
Kleuters, voorskool en (jong) jeug







Resensies
Daar is tans geen resensies nie.