My hart is oppi plaas: Gesegde- en idioominkleurboek

R140.00

“Iewers in elke Afrikaanssprekende se hart is ‘n stukkie plaas,” skryf WendyOns raak opgewonde oor ‘n windpomp, ‘n trekker, plaasdam en ‘n grondpad – sonder om te weet waarom. Plaas is die hartklop van baie stories, die stil kompas in plekname, die dapper vasskop van ek-weet-wie-ek-is. Plaas is die kaneelsuiker van omgee waar ons ook al gaan.

Bowenal word plaas verteenwoordig deur dierevriende wat elke dag liefde, vreugde, maar ook kos gee sonder om enige voorwaardes te stel.

Daarom het ek hierdie handvol idiome uitgesoek. Trek aan jou vellies. Ons gaan plaas toe!

Hierdie vrolike inkleurboek bevat 22 eg-Afrikaanse idiome en gesegdes, elk met interessante feite oor plaasdiere en volg op die gewilde ROOIMIERE-IN-DIE-BROEK-IDIOOM-INKLEURBOEK!

Maak die potlode skerp. Skiet daai doppies van die merkpenne af. Lê op ‘n baal, sit agterstevoor op ‘n trekker, klim op na die solder in die skuur, of gooi ‘n kombersie oop onder ‘n boom. Die tyd het aangebreek. Kom ons kleur in!

4 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

LESERSPROFIEL

Voorskool en jong jeug

Addisionele Inligting

Outeur

Wendy Maartens

Illustreerder

Linki Brand

Verskyningsdatum

2022

Omslag

Sagteband

ISBN

9781776353460

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "My hart is oppi plaas: Gesegde- en idioominkleurboek" te beoordeel
Mandjie