Afslag!

Musiekensiklopedie vir kinders

Original price was: R150.00.Current price is: R110.00.

AANDAG ALLE MUSIEKLIEFHEBBERS!

  • 250 ensiklopedie-artikels oor instrumente, komponiste en musiekterme uit klassieke musiek, jazz en popmusiek
  • meer as 200 volkleurillustrasies en foto’s
  • talle notevoorbeelde
  • register met ongeveer 1000 terme
  • verklarings oor die herkoms van terme
  • uitspraak van vreemde terme
  • ’n voorwoord deur Peter Schreier

7 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Is julle lus om saam met Klara en Frederik ’n spannende ontdekkingsreis na die Koninkryk van Musiek te onderneem? As julle baie leergierig is, graag in boeke verdiep raak en van musiek hou, is julle nou op die regte plek. Want Klara en Frederik – twee kinders wat baie van musiek hou – sal vir julle baie interessante onderwerpe en begrippe oor musiek in hierdie musiekensiklopedie verduidelik. Julle kan byvoorbeeld ’n balletklas van Klara bywoon waarin die onderwyseres vir die leerders iets vertel oor die geskiedenis van klassieke en moderne danse. Of julle kan ’n snaakse storie hoor oor die komponis Joseph Haydn wat ’n Afskeidsimfonie gekomponeer het, net sodat die musikante in sy orkes uiteindelik toestemming van die vors kon kry om hulle lang verwagte vakansie te mag neem. Of julle kan saam met Klara en Frederik notasie ontdek, wat terloops al 200 jaar voor die geboorte van Christus begin ontwikkel het.

  • 250 ensiklopedie-artikels oor instrumente, komponiste en musiekterme uit klassieke musiek, jazz en popmusiek
  • meer as 200 volkleurillustrasies en foto’s 
  • talle notevoorbeelde 
  • register met ongeveer 1000 terme 
  • verklarings oor die herkoms van terme 
  • uitspraak van vreemde terme 
  • ’n voorwoord deur Peter Schreier

 

 Vereer met die Duitse Musiekuitgewersprys 2000!

 

OOR DIE VERTALER

Maria (Ria) Smit het behalwe haar nagraadse opleiding in Musiekopvoedkunde ook ’n doktorsgraad in Leksikografie en ’n M-graad in Algemene Taalwetenskap, met spesialisering in Vertaalteorie. Sy het van 1979 tot 2008 Musiekopvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch doseer, en was een van die hoofredakteurs van die Suid-Afrikaanse Musiekwoordeboek / South African Music Dictionary wat in 2000 by Pharos verskyn het. Sy doen reeds baie jare lank vertaalwerk, hoofsaaklik uit Duits. Sedert 2009 werk sy as vryskut taalpraktisyn.

 

LESERSPROFIEL

Kinders ouer as 7

Addisionele Inligting

Mates 27 × 21.5 cm
Outeurs

Monika en Hans-Günter Heumann

Illustreerder

Andreas Schürmann

Vertaler

Maria Smit

Aantal bladsye

190

Verskyningsdatum

Desember 2012

Omslag

Sagteband

ISBN

978-1-86919-835-0

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Musiekensiklopedie vir kinders" te beoordeel
Mandjie