Mimus

R100.00

Vir langer as wat kroonprins Florin oud is, is die twee koninkryke Monfiel en Vinland in ’n wrede oorlog verwikkel. Tot daar op ’n dag ’n bode die goeie tyding bring dat die twee konings vrede gesluit het. Florin word na die vredesfees in Vinland genooi, maar daar aangekom, wag die grootste skok op die jong prins: Die sogenaamde vredesverdrag was ’n lokval. Sy pa, koning Philip, en sy gevolg is gevange geneem en Florin verloor in ’n oogwink alles wat hy het: sy pa, sy titel, sy koninkryk en sy eer. Koning Theodo laat hom leef, maar verdoem hom om opgelei te word as hofnar deur Mimus – Theodo se onvoorspelbare, enigmatiese en met tye gemene hofnar.

Saam met Mimus moet Florin dag na dag leer hoe om die laagste skepsel aan die hof te wees en sy kop te behou deur die koning te laat lag. Maar daar is meer aan Mimus as donkieore, ’n narmasker en lawwe toertjies, wat Florin laat wonder of Mimus dalk sy vertroueling en vriend kan wees … of ’n pop wat slegs na Theodo se pype dans?

Mimus is ’n verhaal van konings en narre, mag en vernedering, humor en hartseer, en in die middel ’n enkele hofnar wat terselfdertyd lig én donker verteenwoordig. Dit is ’n intrige wat oud en jonk sal meesleur na die Middeleeue en tot op die laaste bladsy sal boei.

2 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys
SKU: KKB1002 Genres: , ,

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEUR:

Lilli Thal het ’n meestersgraad in Middeleeuse geskiedenis en is sedert 2000 voltyds skrywer. Mimus is in 2004 vir die Deutscher Jugenliteraturpreis benoem. Haar ander suksesvolle jeugboek, Joran Noordewind, is in 2012 deur Protea Boekhuis uitgegee.

LESERSPROFIEL:

Tieners

Addisionele Inligting

Mates 22.2 × 10.4 cm
Outeur

Lilli Thal

Vertaler

Amelia de Vaal

Verskyningsdatum

Januarie 2015

Aantal bladsye

384

Omslag

Sagteband

ISBN

9781485301974

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Mimus" te beoordeel

Jy mag ook hou van…