Beskrywing
AGTERGROND
Manie Mol en Rakker Eekhoring is boesemvriende en hulle is nooit, ooit verveeld nie. Hulle weet as jy ’n vervelige dag wil opkikker, moet jy dit met ’n goeie boek begin! Vandag lees hulle Don Quichote, ’n boek oor die avonture van ’n ridder en sy perd. Ná hulle die boek klaar gelees het, besluit Manie dat hy ook graag ’n ridder wil wees, maar hy kom gou agter hy’t ’n probleem: molle is klein en perde is GROOT. Kom deel saam met Manie en Rakker in hierdie heerlike avontuur!
Hierdie boek is interaktief. Daar is ’n verskeidenheid inheemse voëls in die illustrasies weggesteek wat jong lesers kan vind. ’n Lys van al die voëls verskyn agterin die boek. Nog karakters wat kinders in die boek kan soek, is die mier en die wurm. Hulle is in elke illustrasie met iets besig! Daar is ook ’n padda-eier wat deur die loop van die boek in ’n padda ontwikkel.
OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER
Gabi Boy het ’n BSC-graad in Menslike Lewenswetenskappe en is ’n gekwalifiseerde hoërskoolonderwyseres. Van kleins af al gebruik sy haar verbeelding om stories uit te dink, meestal om haarself uit die moeilikheid te kry, en meer onlangs om haar twee dogters te vermaak. Sy het ook ’n liefde vir teken en in 2020 was Gabi een van Suid-Afrika se Picture This-wenners, ’n illustrasiekompetisie waar illustreerders van regoor die wêreld deelneem. Hierdie is haar eerste prenteboek.
LESERSPROFIEL
Kleuters en voorskool









Resensies
Daar is tans geen resensies nie.