Maatjie-lief in ‘n skulp

R180.00

Toe Annica saam met haar pappa en mamma see toe vertrek, het sy nooit kon droom dat sy in dié vakansie ‘n gawe nuwe maatjie gaan maak nie.

 

Ouma het dit dalk geraai, want sy het vir Annica gesê:

“Hou maar net jou oë op die sand

en wie weet, dalk beland

‘n maatjie-lief in ‘n skulp in jóú hand!”

 

 

9 in voorraad (kan steeds bestel word)

Beskrywing

AGTERGROND

Toe Annica saam met haar pappa en mamma see toe vertrek, het sy nooit kon droom dat sy in dié vakansie ‘n gawe nuwe maatjie gaan maak nie.

 

Ouma het dit dalk geraai, want sy het vir Annica gesê:

“Hou maar net jou oë op die sand

en wie weet, dalk beland

‘n maatjie-lief in ‘n skulp in jóú hand!”

 

OOR DIE OUTEUR

Franci Janse van Vuuren is verbonde aan die Universiteit van Johannesburg as bestuurder van verskeie akademiese ontwikkelings- en ondersteuningsprojekte. Die digkuns en prosa het nog altyd ‘n belangrike deel van haar lewe uitgemaak en daar draai gereeld “stukkies stories” in haar gedagtes rond. Franci en Carin se skeppende samewerking het begin toe hulle mekaar jare gelede as taallektore ontmoet het. Sy is getroud met Hannes en hulle het een dogter, Annica.

 

OOR DIE ILLUSTREERDER

Carin de la Harpe, ‘n kunstenaar van Hartbeespoort, se liefde vir teken het in die biologieklas op hoërskool begin. Sy skilder nou al vyf-en-twintig jaar voltyds in olie. Franci se versoek om haar droomboek te illustreer, was ‘n uitdaging wat gelei het tot agt-en-twintig sketse om Annica en Andante op papier te laat lewe. Sy is getroud met Deon en het twee seuns, Marais en Jandré, en ‘n skoondogter, Ingrid.

 

LESERSPROFIEL

Voorskool; jeug

 

Addisionele Inligting

Mates 29.5 × 21 cm
Outeur

Franci Janse van Vuuren

Illustreerder

Carin de la Harpe

Verskyningsdatum

2022

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

41

ISBN

978-0-6397-2870-4

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Maatjie-lief in ‘n skulp" te beoordeel
Mandjie