Lillie die heksie in Wonderland (18)

R185.00

Die agtiende boek in die Lillie-reeks.

Lillie is uit haar vel uit van blydskap toe sy ’n mikroskoop vir haar verjaarsdag kry. Sy wil dit al so lank hê! Wanneer sy ’n sneeuvlokkie onder die lens plaas, is sy stomgeslaan oor die prag en wil noodgedwonge ’n land van sneeu en ys besoek. Met die heksesprong beland sy in Wonderland. Maar iets is daar nie pluis nie. Die koning het vermis geraak en Somer- en Lenteland word stadig maar seker al hoe kouer. Winter neem oor. En gerugte van ’n wrede vors doen die rondte. Lillie en Hektor, haar draakvriendjie, gaan ondersoek instel.

 

 

2 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Vir twee dekades reeds swaai Lillie die heksie haar towerstaffie oor kinderboekrakke dwarsoor die wêreld. Met totale wêreldwye verkope van meer as 20 miljoen eksemplare en vertalings in 40 tale is geen towerformule nodig om te voorspel dat sy ook Afrikaanse harte gaan verower nie! Dié selflees- or voorleesboekies is gemik op sesjariges tot negejariges.

 

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

Die Lillie-boeke word al sedert 1992 deur die Duitse uitgewer Arena Verlag uitgegee.  Knister en illustreerder Birgit Rieger het saam aan al meer as 40 titels gewerk, waarvan Lilli the Witch and the Magic Homework (“Lillie die heksie keer die skool op sy kop” – Protea 2013) die eerste is.

 

OOR DIE VERTALER

Amelia de Vaal het Europese Tale en Joernalistiek studeer en is sedert 2007 by Protea Boekhuis werksaam as redakteur en vertaler van Engelse, Duitse en Nederlandse tekste. Die Afrikaanse vertalings van die klassieke Die lewe en werke van kabouters en Die oproep van die kabouters wat in 2010 verskyn het, tel onder haar gunstelingprojekte. Sy woon tans in Portland, Oregon in die VSA.

 

LESERSPROFIEL

Jong jeug

Addisionele Inligting

Gewig 0.285 kg
Mates 21.0 × 15.5 cm
Outeur

Knister

Illustreerder

Birgit Rieger

Vertaler

Amelia de Vaal

Verskyningsdatum

2017

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

116

ISBN

9781485305736

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Lillie die heksie in Wonderland (18)" te beoordeel